top of page

Whitfield kry trekpas uit Ramaphosa se kabinet

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 26
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het vir die DA se Andrew Whitfield die trekpas as adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging gegee.

Die presidensie het volgens Maroela Media geen rede hiervoor verskaf nie.

eNCA berig egter intussen Whitfield is uit sy pos verwyder weens sy reis na Amerika as deel van die DA-delegasie, al het die president hom daarteen gewaarsku.

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het vandag tydens ‘n mediakonferensie by die parlement nie die bewerings van ’n grootskaalse kabinetskommeling bevestig nie, alhoewel News24 berig het dit is wel op hande weens die omstredenheid waarin die minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane, haarself tans bevind.

 
 
 

Comments


bottom of page