Whitfield se oop pos weer aan DA aangebied
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27, 2025
- 1 min read
Pres. Cyril Ramaphosa het die vakante adjunkministerspos vir handel, nywerheid en mededinging weer aan die DA aangebied.
Die pos is Woensdag vakant gelaat nadat Ramaphosa die DA se Andrew Whitfield die trekpas gegee het.
Ramaphosa sê hy het die leier van die DA, John Steenhuisen, in kennis gestel van dié besluit.
Netwerk24 berig ook dat Steenhuisen versoek is om ‘n plaasvervanger uit die DA vir goedkeuring voor te lê.
Intussen het Ramaphosa ook bevestig Whitfield is wel afgedank omdat hy sonder die nodige toestemming ‘n internasionale besoek onderneem het.
Ramaphosa sê Whitfield se reis na Amerika was 'n duidelike skending van die reëls en gevestigde praktyke oor die gedrag van lede van die uitvoerende gesag.
Whitfield was vroeër vanjaar 'n lid van ‘n DA-afvaardiging wat Amerika besoek het te midde van pres. Donald Trump se ontevredenheid met die Suid-Afrikaanse regering.







Comments