top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wilde Kus jubel oor inhegtenisneming van bendelede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 11, 2024
  • 1 min read

Ná weke van samewerking tussen inwoners, ’n sekuriteitsmaatskappy en die polisie, het die Oos-Kaap se Wilde Kus weer vrede gevind, nadat toerismewerkers bevestig het die gewelddadige bende wat die gebied geterroriseer het, nou agter tralies is. Daily Maverick berig die voorsitter van Wilde Kus Vakansie Assosiasie, Russel Kruger, meen die mans is uiters gevaarlik. Kruger het die samewerking van die polisie, inwoners en die sekuriteitsmaatskappy geprys. Polisiewoordvoerder, kapt. Welile Matyolo, het bevestig die polisie het in Ngqeleni, Coffee Baai en Centane inhegtenisnames gemaak.

 
 
 

Comments


bottom of page