top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wilgehof-moordverdagtes verskyn in die hof

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 3, 2024
1 min read

Die twee verdagtes wat tereg staan op die moorde van Betsie Kruger en haar kinders by die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof, het hulle eerste verskyning in die Bloemfonteinse streekhof gemaak. Volgens Netwerk24 het die twee beskuldigdes kapsie gemaak teen die neem van fotos in die hof. Dit aangesien hulle omsien na jonger broers en susters wat nog op skool is. Hulle het ook bygevoeg dat hulle nog nie aan iets skuldig bevind is nie. Die besware is van die hand gewys. Daar is ook in die hof  aangehoor dat die totale waarde van die goedere wat geroof is ongeveer honderd-45 duisend rand beloop. Die beskuldigdes se borgtogaansoeke is tot volgende week uitgestel.

 
 
 

Comments


bottom of page