top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Willem Postma palm die eerste plek in

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 23, 2025
  • 1 min read

Willem Postma het die top-posisie behaal as beste laerskool by die Mangaung Metro Onderwysdistrik se “Well Done”-funksie. Die funksie is gister by 'n skool in Botshabelo gehou en lewendig uitgesaai op sosiale media. Op Willem Postma Primêre skool se Facebook-bladsy bedank die skool sy onderwysers, ouers en leerlinge wie se harde werk hulle glo hierdie prestasie moontlik gemaak het. Die skool voel dat hul 2024-prestasies in tale en wiskunde die grootste bydrae gelewer het om hierdie toekenning te verower. Met die Vrystaat-distrikte wat ’n slaagsyfer van meer as 90% behaal het, het die tweede plek aan Grey College se primêre skool gegaan, met Oranje Meisieskool in die derde plek.

 
 
 

Comments


bottom of page