top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

WINTERSPELE: Toestande eis sy tol in slalom, ook vir SA

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 17
  • 1 min read

Updated: Feb 18

Die 17-jarige Suid-Afrikaner, Thomas Weir, was onder die talle Alpynse skiërs wat nie die uitdagende toestande in die slalom op die Milaan-Cortina-Winterspele in Italië kon voltooi nie.


Slegs 44 van die 96 deelnemers het die eerste lopie in Bormio baasgeraak, met Switserland wat goud gewen het, Oostenryk silwer en Noorweë wat die brons medalje ingepalm het.


Weir kan egter trots wees op sy debuut op senior vlak nadat hy drie-en-sestigste in die reuseslalom geëindig het, terwyl sy landgenoot, Lara Markthaler, Woensdag in die vroue-slalom meeding.


Thomas Weir. FOTO: TeamSA
Thomas Weir. FOTO: TeamSA

Comments


bottom of page