top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Withuis wink vir Trump

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 6, 2024
1 min read

Op grond van beraamde skattings krimp visepresident Kamala Harris, van die Demokratiese Party, se pad na oorwinning tydens die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Volgens Associated Press het voormalige president Donald Trump, van die Republikeinse Party, teen laatoggend Woensdag, Suid-Afrika tyd, 267 verkiesingsstemme en Harris 224. Dit beteken Trump kort net nog drie verkiesingsstemme om die presidentskap te wen. Dit kan wel nog 'n rukkie duur voordat die finale resultate bekend gemaak word. CNN berig terwyl stemmetelling in sleutelstate voortgaan, toon die skattings dat Trump verskeie belangrike state, insluitend Georgia, Noord-Carolina en Pennsylvania sal wen. Republikeinse visepresidentskandidaat, JD Vance, het Trump bedank dat hy hom toegelaat het om by sy veldtog aan te sluit en het belowe dat hy en Trump die grootste ekonomiese terugkeer in Amerikaanse geskiedenis gaan lei.

 
 
 

Comments


bottom of page