top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Woendende skare konfronteer Spaanse koning

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2024
1 min read

'n Woedende skare mense het die Spaanse koning, Felipe die Sesde, gekonfronteer in Paiporta, Valencia - 'n dorp wat deur onlangse kitsvloede geraak is. Beeldmateriaal wys hoe die vyandige skare hom as 'n moordenaar uitskel. Sommige betogers het voorwerpe en modder na die koning gegooi. Spanje se eerste minister, Pedro Sánchez, is uit die gebied ontruim omdat die koning en koningin ‘n beplande reis na Chiva, nog ‘n gebied wat deur vloede getref is, opgeskort het. Minstens 217 mense is oorlede in die kitsvloede, met baie meer wat moontlik nog vermis word.

 
 
 

Comments


bottom of page