Wolraad Woltemade word herdenk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 3
- 1 min read
Die 253ste herdenking van Wolraad Woltemade se beroemde reddingspoging is met 'n kranslegging by sy standbeeld in Milnerton in Kaapstad herdenk.
Woltemade word onthou vir sy opoffering op 1773 toe hy probeer het om oorlewendes van die skip De Jonge Thomas in Tafelbaai te red.
Sy standbeeld is onlangs na die Loxton Heritage Park verskuif om dit meer toeganklik vir die publiek te maak.
Tydens die herdenking is gesê Woltemade se moed, selfopoffering en diens aan ander bly vandag nog 'n bron van inspirasie.








Comments