top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wydverspreide arbeid- en immigrasieoortredings is in Bloemfontein ontbloot

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Jul 25
1 min read

'n Operasie in Bloemfontein het afgekom op wydverspreide oortredings van arbeids- en immigrasiewetgewing. Dit is volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid, met SABC-nuus wat berig die provinsiale bestuurder, Malibongwe Ndlela sê inspekteurs het sake-ondernemings in Ooseinde, die middestad en Fauna geteiken.


Drie ongedokumenteerde buitelanders is by 'n winkel in Fauna in hegtenis geneem, terwyl sowat tien ondernemings gesluit is vir die oortreding van gesondheid- en veiligheidsregulasies. Ndlela sê inspekteurs het ook werkgewers gevind wat nie aan wetgewing oor die nasionale minimumloon en werkloosheidsversekering voldoen nie. 


FOTO: DA
FOTO: DA

 
 
 

Comments


bottom of page