Wysigings aan arbeidswetgewing kan in 2028 in werking tree
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 22
- 1 min read
Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge en die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingswette wat vroeër vanjaar vir openbare kommentaar gepubliseer is, kan in 2028 aangekondig word.
Dit is volgens die direkteur vir Kollektiewe Bedinging van die Departement van Indiensneming en Arbeid, Stephen Rathai. Hy sê die departement is besig om die openbare kommentaar op die voorgestelde wysigings te verfyn.
Rathai sê die wetsontwerpe sal na verwagting teruggestuur word na die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad vir finalisering. Hy voeg by hulle sal dan aan die parlement voorgelê word vir oorweging nadat hulle grondwetlike toetse ondergaan het.
Die wysigingswetsontwerpe behels onder meer beskerming vir oproepwerkers en werknemers met nul-ure-kontrakte, ouerskapverlof en die verdubbeling van skeidingspakkette.








Comments