top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Xbox snoei duisende poste

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 7
1 min read

Microsoft Corporation se Xbox-afdeling beplan om oor die volgende jaar 3 200 poste te sny as deel van ’n omvangryke herstrukturering om groei in die sukkelende speletjie-afdeling aan te wakker. Dit is 20% van sy personeel.


News24 berig die uitvoerende hoof, Asha Sharma, sê die onderneming is tans nie gesond nie. Sy voeg by Xbox se winsmarges is tussen drie en tien keer laer is as dié van vergelykbare ondernemings.


Volgens Sharma is die doel om die onderneming te stroomlyn en weer in groter projekte te belê. Volgens verklarings is 1 600 poste reeds gister geskrap, terwyl die oorblywende afleggings oor die volgende 12 maande sal plaasvind.


FOTO: Xbox Wire
FOTO: Xbox Wire

 
 
 

Comments


bottom of page