top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Xhariep kry eers in 2031 'n nuwe munisipaliteit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 7
  • 1 min read

Die Hooggeregshof in Bloemfontein het beveel dat 'n nuwe munisipaliteit in die Xhariep-distrik eers in 2031 gestig sal word.


Dit beteken die komende plaaslike regeringsverkiesing sal met die bestaande 2021-grense van die Kopanong-munisipaliteit voortgaan.


Die bevel volg op 'n ooreenkoms tussen die Vrystaatse regering en die Munisipale Afbakeningsraad ná 'n dringende hofaansoek deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake.


Die VF Plus verwelkom die uitspraak en sê die fokus moet nou op beter dienslewering, die vermindering van skuld en die lok van beleggings in die Suid-Vrystaat val.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page