Zille verdedig Macphearson se oorsese reis
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, het Dean Macpherson verdedig oor bewerings van onreëlmatighede tydens sy reise na Brasilië.
Macpherson word deur ander politieke partye gekritiseer omdat hy belastingbetalers se geld bestee het aan sy lewensmaat op die reis.
News24 berig Zille sê die minister van openbare werke en infrastruktuur het alle relevante partyamptenare oor die reis in kennis gestel in terme van die party se reisbeleid vir kabinetsministers.
Sy sê hy het nie verklaar dat hy saam met sy lewensmaat sou reis nie as gevolg van die vorms wat hy voltooi het om sulke inligting te verskaf.







Comments