top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Zille wil Johannesburg se finansies stabiliseer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 10, 2025
  • 1 min read

Die DA se Helen Zille sê as sy Johannesburg se burgemeester word, sal haar eerste fokus wees om die stad se finansies te stabiliseer ten einde die agterstand in infrastruktuur-onderhoud aan te spreek.

Dit volgens BusinessTech, nadat sy haar voorneme aangekondig het om moontlik haar hand op te steek vir dié posisie.

Sy was voorheen burgemeester van Kaapstad, en ook die premier van die Wes Kaap. Sy is tans voorsitter van die Demokratiese Alliansie se Federale Raad.

Sy het aanvanklik gedink om aansoek te doen om die pos as burgemeester is "verregaande". Sy het sedertdien haar deuntjie verander en oorweeg dit nou sterk.

Sy sê haar fokus sal ook wees om die verrotting in Johannesburg stop te sit, en dit dan aan haar opvolger oorhandig om verder te vat.

 
 
 

Comments


bottom of page