Zimbabwe spandeer miljoene op die repatriasie van sy burgers
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jul 31
- 1 min read
Die Zimbawiese Tesourie sê hy het amper vyf miljoen Amerikaanse dollar bestee op die repatriasie en die reïntegrasie van sy burgers uit Suid-Afrika. SABC-nuus berig die Zimbabwiërs is gerepatrieer na die landwye betogings teen ongedokumenteerde migrante in Suid-Afrika.
Volgens die jongste syfers het 115 000 Zimbabwiese burgers teruggekeer na hul land van herkoms sedert die begin van die migrasiekrisis.
Zimbabwe se minister van finansies, Mthuli Ncube, sê die geld is gebruik vir vervoer, tydelike akkommodasie, voedselvoorsiening, gesondheidsdienste en ander ondersteuningsdienste om die veilige terugkeer van sy burgers te verseker.








Comments