Zondo internasionaal vir toewyding aan geregtigheid vereer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 25
- 1 min read
Oud-hoofregter Raymond Zondo is internasionaal vereer vir sy onwrikbare toewyding aan geregtigheid en die dapper stryd om sistemiese korrupsie te ontbloot.
Volgens Netwerk24 is hy op die Wêreldgeregtigheidsforum (WGF) in Warschau, Pole, met die World Justice Project (WJP) se gesogte Oppergesag van die Reg-prys vereer.
Die prys word toegeken aan individue en organisasies wat buitengewone bydraes gelewer het tot die versterking van die oppergesag van die reg.
WJP-woordvoerder Natalia Jardon sê Zondo het in sy regsloopbaan openbare instellings hervorm en ‘n blywende regsimpak vir miljoene Suid-Afrikaners gemaak.
Zondo waarsku Suid-Afrika moenie terugkeer na staatskaping nie, omdat dit die teenoorgestelde van die oppergesag van die reg is.





Comments