Zootropolis 2 is Hollywood se winsgewendste animasiefliek nog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 24
- 1 min read
Zootropolis 2 is pas as Hollywood se winsgewendste animasiefliek van alle tye aangewys.
Maroela Media berig die fliek, wat handel oor die konynpolisiebeampte Judy Hopps en die bedrieglike jakkals Nick Wilde, is die animasiefliek wat die vinnigste tot nog toe die $1 miljard-kerf (dit is sowat R16,3 miljard) wêreldwyd bereik het.
Medevoorsitter van Disney Entertainment, Alan Bergman, sê hulle is trots op hul fliekmakers, en die fliek is 'n buitengewone sukses.
Dié prestasie maak Zootropolis 2, wat in die VSA as Zootopia 2 uitgereik is, die negende suksesvolste fliek in die wêreldwye loketgeskiedenis. Ondanks die fliek se ongelooflike prestasie in Hollywood, is die Chinese fliek Ne Zha 2 steeds die animasiefliek met die hoogste verdienste ter wêreld.







Comments