Zuma moet miljoene rande terugbetaal
- Nadia Pieters

- Oct 23
- 1 min read
Oudpresident Jacob Zuma moet miljoene rande in regskoste, wat die staat destyds in sy korrupsieverhoor bestee het, terugbetaal.
Maroela Media berig die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag beslis Zuma moet binne 60 dae ’n bedrag van amper R30 000 000 aan die staatsprokureur terugbetaal en dat daar op sy bates beslag gelê mag word indien hy die spertyd misloop.
Regter Anthony Millar het gelas dat die staatsprokureur ’n bevel uitreik vir die beslaglegging op en verkoop van Zuma se bates en/of eiendom indien hy nie aan die spertyd voldoen nie.
Dit sluit, indien nodig, Zuma se presidensiële pensioenvoordeel, of ’n gedeelte daarvan, in.






Comments