Zuma nader die Konstitusionele Hof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Volgens die Jacob Zuma-stigting het die voormalige president Jacob Zuma het ’n dringende aansoek om direkte verlof tot appèl by die Konstitusionele Hof ingedien.
Die aansoek hou verband met ’n dispuut oor die wettigheid van die Madlanga-kommissie van ondersoek, wat ingestel is om bewerings binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens te ondersoek.
Volgens die stigting het die Hooggeregshof ’n meerderheidsuitspraak uitgereik sonder om terselfdertyd ’n teenstemmende uitspraak uit te reik, wat volgens hulle geregtelike deursigtigheid ondermyn.
Die stigting beweer ook dat die hof nie belangrike grondwetlike kwessies wat in die saak geopper is, aangespreek het nie, insluitend bewerings van vooroordeel en kommer oor toegang tot howe.
Zuma soek toestemming om die Hoogste Hof van Appèl te omseil en die saak direk na die Konstitusionele Hof te neem.








Comments