top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Zuma ontbind die MK-party se presidensiële taakspan

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28
1 min read

Die leier van die Umkhonto we Sizwe party, Jacob Zuma, het sy party se presidensiële taakspan ontbind en dit vervang met die Strategtiese Presidensiële Span.


Die taakspan het uit elf lede bestaan en die doel was om die party se provinsiale strukture te verbeter om vir die plaaslike regeringsverkiesings voor te berei.


SABC-nuus berig Zuma sê in 'n verklaring dat die nuwe Strategiese Presidensiële Span die MK-party strategies sal lei en besluite namens die organisasie sal neem. Dié span sal ook die sekretariaat en finansiële verantwoordelikhede oorneem.


Jacob Zuma. FOTO: Facebook
Jacob Zuma. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page