Zuma se dogter is bekommerd oor sy veiligheid en mediese sorg

Die voormalige president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, is bekommerd oor haar pa se veiligheidsreëlings en mediese sorg.
Sy het 'n klag hierooor by die hoof van die Presidensiële Beskermingsdiens, generaal-majoor Wally Rhoode, ingedien.
In ’n brief aan Rhoode verlede maand het Zuma-Sambudla ’n ondersoek aangevra. Sy het gewaarsku dat sy Rhoode se kantoor aanspreeklik sal hou indien enigiets met die leier van die MK-party sou gebeur.
Een van die belangrikste bewerings in haar brief hou verband met die onafhanklikheid van haar pa se Presidensiële Beskermingseenheid.
Zuma-Sambudla sê sy is bekommerd dat lede van die sekuriteitspan by familie-skinderstories en interne partytwiste betrokke geraak het.









Comments