top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Zuma se dogter word van terrorisme aangekla

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 29, 2025
1 min read

Oudpresident Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, staan tereg op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme in verband met die Julie 2021-onluste - waartydens meer as 350 mense dood is. News24 berig sy verskyn Donderdag in die Durbanse Landdroshof, waar sy ingevolge Artikel 14 van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie van Terrorisme en Verwante Aktiwiteite aangekla word. Dit spruit uit die Forensics for Justice se strafregtelike klag. Forensics for Justice se Paul O’Sullivan het ’n uitgebreide forensiese verslag aan die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig, waarin Zuma-Sambudla se plasings op sosiale media tydens die onluste ontleed word.

 
 
 

Comments


bottom of page