Zuma wil na die ANC terugkeer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 10, 2025
- 1 min read
Die leier van die MKParty, Jacob Zuma, se pogings om na die ANC terug te keer het nie die gewenste uitkoms opgelewer nie. Dit aangesien die party volhou Zuma se uitsetting was ten volle in ooreenstemming met sy grondwet. Primedia berig nadat Zuma 62 jaar lank die ANC gedien het, is hy verlede jaar uit die party geskors ná sy besluit om sy politieke organisasie te stig. Met die ANC wat geen voorneme toon om aan Zuma se eise te voldoen nie, word daar verwag die MK-partyleier sal sy pogings om herstel te word na die howe neem.







Comments