top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Zuma wys middelvinger na SA oor sy Gupta-bande'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 3
  • 1 min read

Updated: Jul 6

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Nshavheni, sê die voormalige president Jacob Zuma wys die middelvinger vir Suid-Afrikaners oor die Guptas, gegewe die verwoesting wat hulle in die land veroorsaak het.


Die minister het die media Vrydag toegespreek.


Zuma is in ’n video gesien waar hy ’n godsdienstige seremonie saam met Ajay Gupta bywoon, wat hy as sy vriend beskryf het.


Nshavheni sê dit is ’n skande dat ’n verteenwoordiger van die regering met misdadigers omgaan in plaas daarvan om sy werk te doen en te verseker dat die voortvlugtiges aan die pen ry.


LUISTER HIER:


Khumbudzo Nshavheni

Oud-president Jacob Zuma en Ajay Gupta. FOTO: Facebook
Oud-president Jacob Zuma en Ajay Gupta. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page