ʼn Korrupte NVG hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se grondwet in
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 12
- 1 min read
ʼn Korrupte Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrika se grondwet in. So sê die EFF-leier, Julius Malema.
Dit volg nadat die NVG-hoofadvokaat Shamila Batohi onthul het dat ondersoeke aan die gang is na ʼn NVG-aanklaer wat daarvan beskuldig word dat hy by georganiseerde misdaad betrokke is.
Batohi het voor die parlement se ad hoc-komitee verskyn wat polisiekorrupsie ondersoek.
Sy het egter geweier om die aanklaer se naam te noem.
Malema sê indien Batohi nie name kan verskaf nie, kan sy net sowel haar tasse pak en gaan.






Comments