top of page



Jan Taks maak sy stem dik
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig dat hulle teen Desember verlede jaar onbetwiste belastingskuld van R523 miljard dra. Dit is geld wat wettiglik verskuldig, finaal en betaalbaar is. Tax Consulting SA sê die omvang van die skuld dui op ‘n onvermydelike verskuiwing na aggressiewe invordering in 2026. Die konsultasiefirma waarsku dat die grootte en veranderende aard van die skuld meer as geïsoleerde nie-nakoming weerspieël, wat dui op sistemiese uitdagings wat die I

Saamgestel deur Ilde Roos
5 hours ago


Die VSA se tariewe begin nou in SA se betalingsbalans wys
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die nuwe Amerikaanse tariewe begin nou in Suid-Afrika se betalingsbalans wys, met voertuig- en vervoertoerustinguitvoere wat in die derde kwartaal ’n knou gekry het. ’n Skerp styging in platinumgroepmetaal-uitvoere na die VSA het egter die impak versag. Die lopende rekeningtekort het tot R57 miljard verklein, hoofsaaklik weens laer dividendbetalings aan buitelandse beleggers. Dit is 0,7% van die land se BBP. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Voorlopige belastingbetalers het nog tyd vir opgawes
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens herinner voorlopige belastingbetalers daaraan dat hulle nog tot 19 Januarie volgende jaar het om hul belastingopgawes in te dien. Voorlopige belastingbetalers is diegene wat inkomste buite vaste vergoeding ontvang. Dit is gewoonlik Suid-Afrikaners wat hul eie besighede bedryf, soos vryskutwerkers, eenmansake en onafhanklike kontrakteurs. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025
bottom of page

