Voorlopige belastingbetalers het nog tyd vir opgawes
- Ilde Roos

- Nov 6
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens herinner voorlopige belastingbetalers daaraan dat hulle nog tot 19 Januarie volgende jaar het om hul belastingopgawes in te dien.
Voorlopige belastingbetalers is diegene wat inkomste buite vaste vergoeding ontvang.
Dit is gewoonlik Suid-Afrikaners wat hul eie besighede bedryf, soos vryskutwerkers, eenmansake en onafhanklike kontrakteurs.






Comments