Jan Taks maak sy stem dik
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevestig dat hulle teen Desember verlede jaar onbetwiste belastingskuld van R523 miljard dra. Dit is geld wat wettiglik verskuldig, finaal en betaalbaar is.
Tax Consulting SA sê die omvang van die skuld dui op ‘n onvermydelike verskuiwing na aggressiewe invordering in 2026.
Die konsultasiefirma waarsku dat die grootte en veranderende aard van die skuld meer as geïsoleerde nie-nakoming weerspieël, wat dui op sistemiese uitdagings wat die Inkomstediens sal dwing om dit aan te spreek deur middel van verskerpte afdwingings- en invorderingspogings.






Comments