top of page




Suid-Afrika is nou amptelik 'n jaar sonder beurtkrag, volgens Eskom
Eskom sê Suid-Afrika het ‘n volle jaar sonder beurtkrag om middernag voltooi, die eerste sodanige tydperk sedert 2018. Die kragverskaffer sê die kragstelsel bly stabiel ten spyte van stygende winteraanvraag, en skryf verbeterings aan sy Opwekkingsherstelplan toe. Eskom hou vol dat sy Wintervooruitsigte steeds op geen beurtkrag dui nie. Die kragverskaffer het ook ‘n groot daling in dieselbesteding gerapporteer. Tussen April en middel Mei vanjaar het Eskom ongeveer R590-miljoen

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


Eskom sê duisende word nie meer deur lasvermindering geraak nie
Eskom sê meer as 210 000 kliënte word nie meer deur lasvermindering geraak nie. Dit volg ná opgraderings in hoërisiko-gebiede. Die nutsmaatskappy het meer as 500 000 slimmeters landwyd geïnstalleer om vraag te bestuur en elektrisiteitsgebruik te verbeter. Lasvermindering word gebruik waar onwettige aansluitings en netwerkdruk die kragnetwerk bedreig. Eskom beoog om lasvermindering teen volgende jaar te beëindig deur ’n gefaseerde program wat 971 voerders en byna 1,7 miljoen k

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 30


Eskom vier 'n mylpaal
Eskom sê Suid-Afrika het nou 300 opeenvolgende dae sonder beurtkrag bereik. Die kragvoorsiener sê die mylpaal is verlede Donderdag behaal en weerspieël verbeterde prestasie van sy opwekkingsvloot. Eskom sê die energie-beskikbaarheidsfaktor is tans bo 65%, terwyl onvoorsiene onderbrekings aansienlik afgeneem het in vergelyking met verlede jaar. Dieselverbruik het ook merkbaar gedaal. FOTO: Biznews

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 16
bottom of page

