Eskom sê duisende word nie meer deur lasvermindering geraak nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 30
- 1 min read
Eskom sê meer as 210 000 kliënte word nie meer deur lasvermindering geraak nie. Dit volg ná opgraderings in hoërisiko-gebiede.
Die nutsmaatskappy het meer as 500 000 slimmeters landwyd geïnstalleer om vraag te bestuur en elektrisiteitsgebruik te verbeter. Lasvermindering word gebruik waar onwettige aansluitings en netwerkdruk die kragnetwerk bedreig.
Eskom beoog om lasvermindering teen volgende jaar te beëindig deur ’n gefaseerde program wat 971 voerders en byna 1,7 miljoen kliënte teiken.








Comments