Suid-Afrika is nou amptelik 'n jaar sonder beurtkrag, volgens Eskom
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Eskom sê Suid-Afrika het ‘n volle jaar sonder beurtkrag om middernag voltooi, die eerste sodanige tydperk sedert 2018.
Die kragverskaffer sê die kragstelsel bly stabiel ten spyte van stygende winteraanvraag, en skryf verbeterings aan sy Opwekkingsherstelplan toe.
Eskom hou vol dat sy Wintervooruitsigte steeds op geen beurtkrag dui nie.
Die kragverskaffer het ook ‘n groot daling in dieselbesteding gerapporteer.
Tussen April en middel Mei vanjaar het Eskom ongeveer R590-miljoen aan diesel bestee, vergeleke met R2,7-miljard gedurende dieselfde tydperk verlede jaar, ‘n vermindering van meer as 78%.








Comments