top of page




Die Byenes-moordverhoor word uitgestel
Die verhoor van ’n oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel is Dinsdag tot in Maart uitgestel. Netwerk24 berig dit is omdat ’n MTN-werker, wat oor die selfoonstate moet getuig, eers dan beskikbaar is. Die saak is vir die week van 23 tot 27 Maart, asook 6 tot 10 Julie op die hofrol geplaas vir afhandeling. Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe word daarvan beskuldig dat hulle Betsie Kruger, eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, haar dogter,

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 25


Dagsorg-moorde: 'Een slagoffer is gemartel'
Een van die vroue wat in Junie 2023 by die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein vermoor is, is doodgemartel. Dit is volgens ’n senior staatspatoloog verbonde aan die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Naas Ferreira, se getuienis in die Bloemfonteinse hooggeregshof. Netwerk24 berig Ferreira getuig die vermeende moordenaars het Janine Theron op verskillende maniere om die lewe probeer bring, en al die verskillende pogings en beserings dui op marteling. Ferreira voeg by dit lyk

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 17


Die dagsorg-slagoffers het plastieksakke oor hul koppe gehad
Die drie slagoffers van die moord by die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof in Bloemfontein het plastieksakke oor hul koppe gehad. Netwerk24 berig die operasionele bestuurder by die veiligheidsmaatskappy Recon Tactical, Wouter de Wet, het Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig die jong egpaar was ook met kettings aan mekaar vasgemaak. De Wet was een van die eerste mense op die moordtoneel van Betsie Kruger, haar dogter Janine Theron, en dié se man, Christo Thero

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 13
bottom of page

