Die dagsorg-slagoffers het plastieksakke oor hul koppe gehad
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 13
- 1 min read
Die drie slagoffers van die moord by die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof in Bloemfontein het plastieksakke oor hul koppe gehad.
Netwerk24 berig die operasionele bestuurder by die veiligheidsmaatskappy Recon Tactical, Wouter de Wet, het Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig die jong egpaar was ook met kettings aan mekaar vasgemaak.
De Wet was een van die eerste mense op die moordtoneel van Betsie Kruger, haar dogter Janine Theron, en dié se man, Christo Theron.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dat De Wet sê hy moes deur veiligheidshekke breek om die huis binne te gaan.
LUISTER:
TRANSKRIPSIE
De Wet kon sien dat daar bloed op die kombuisvloer en -kaste was, en hy het die drie slagoffers in 'n slaapkamer gekry. Die kamer was baie deurmekaar, asof die kaste se inhoud uitgegooi is. Hy het later ’n ouer vrou – wat later as Kruger se ma, Aletta Becker, geïdentifiseer is – in ’n toe kamer gevind en haar geneem om die nodige mediese hulp te kry. De Wet het voorts getuig die veiligheidskameras buite die huis was só gedraai sodat dit nie kon afneem wat dit moes nie, en die veiligheidskameras se hardeskyf was ook verwyder.
Mpeng Anna Ntswêu, ’n oudwerknemer van die dagsorgsentrum, en haar kêrel, Katlego Ronald Morwê, word van die moorde aangekla.








Comments