top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dagsorg-moorde: 'Een slagoffer is gemartel'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 17
  • 1 min read

Een van die vroue wat in Junie 2023 by die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein vermoor is, is doodgemartel. Dit is volgens ’n senior staatspatoloog verbonde aan die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Naas Ferreira, se getuienis in die Bloemfonteinse hooggeregshof.


Netwerk24 berig Ferreira getuig die vermeende moordenaars het Janine Theron op verskillende maniere om die lewe probeer bring, en al die verskillende pogings en beserings dui op marteling. Ferreira voeg by dit lyk of Janine se man, Christo, nie so erg soos sy vrou aangerand is nie.


Janine was, na wat verneem word, in beheer van die dagsorgsentrum se finansiële sake.


’n Staatspatoloog, Vincent Brandt, het getuig Janine se ma en eienares van die dagsorgsentrum, Betsie Kruger, is weens verwurging dood.


’n Oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum, Mpheng Anna Ntsoeu, en haar kêrel, Katlego Ronald Moroe, staan in die tereg op drie aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, en twee aanklagte van geldwassery.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page