Die Byenes-moordverhoor word uitgestel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 25
- 1 min read
Die verhoor van ’n oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel is Dinsdag tot in Maart uitgestel. Netwerk24 berig dit is omdat ’n MTN-werker, wat oor die selfoonstate moet getuig, eers dan beskikbaar is.
Die saak is vir die week van 23 tot 27 Maart, asook 6 tot 10 Julie op die hofrol geplaas vir afhandeling.
Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe word daarvan beskuldig dat hulle Betsie Kruger, eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, haar dogter, Janine Theron, en dié se man, Christo, in Junie 2023 by dié dagsorgsentrum vermoor het.








Comments