top of page



DAKAR: Sesde titel vir Nasser Al-Attiyah
Die Dacia Sandriders se Nasser Al-Attiyah is Saterdag vir die sesde keer in sy loopbaan as wenner van die uitmergelende Dakar-veldtydren aangewys. Hoewel hy slegs 36ste in die laaste skof geëindig het, het hy vroeër genoeg voorsprong opgebou om die tydren met bykans tien minute se algehele voorsprong te beklink, met Ford Racing se Nani Roma tweede en Mattias Ekstrom derde. Suid-Afrika se Henk Lategan moes met ’n 21ste plek tevrede wees ondanks ’n sterk derde plek in die laast

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 19


DAKAR: Lategan se droom kry knou
Dit was ’n hartseer dag vir Henk Lategan en sy navigator Brent Cummings toe hulle in die sewende skof van die Dakar-tydren laat teruggesak het, nadat hulle op koers was vir ’n tweede skofoorwinning en die algehele voortou. Mattias Ekström het die skof gewen, wat nou algeheel tweede is, terwyl Nasser Al Attiyah die nuwe algehele voorloper is en Lategan voorlopig vierde lê. In die motorfietsafdeling het Luciano Benavides die skof gewen ná ’n sterk rit vanaf sesde op die wegspri

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 12


MOTORSPORT: De Mévius verras vroeg op Dakar
Die Belg, Guillaume de Mévius en sy Franse navigator Mathieu Baumel, was die voorlopige verrassingsvoorlopers ná die eerste skof van die Dakar-veldtydren in Saoedi-Arabië, toe hulle 40 sekondes voor Nasser Al-Attiyah geëindig het. Martin Prokop was derde, die Swede Mattias Ekström en Emil Bergkvist moes met ‘n vierde plek tevrede wees, terwyl die Suid-Afrikaners Guy Botterill sewende, Saood Variawa 13de, Henk Lategan 17de en Brian Baragwanath 20ste was. In die Rally GP-motorf

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 5
bottom of page

