top of page



Friends of Franklin vat hul besware na die ombudsman
Friends of Franklin het formeel ‘n 5-bladsy klagtebrief aan die nuut aangestelde tussentydse Ombudsman van die Manguang Metro Munisipaliteit gestuur. Dit nadat geen terugvoer van die stadsbestuur se kantoor in die afgelope twee weke ontvang is nie. Luidens die eerste bladsy van die dokument is die verklaring om formeel beswaar te maak teen die geadverteerde voorneme om Naval Hill en die Franklin-natuurreservaat te verkoop of te verhuur vir die ontwikkeling van 'n pretpark. Di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


'n Petisie is begin teen 'n pretpark op Naval Hill
'n Petisie is van stapel gestuur teen die oprig van 'n pretpark op Naval Hill in Bloemfontein. Netwerk24 berig die Friends of Franklin het die petisie begin, waarin formeel beswaar teen die Mangaung-metro se voorneme aangeteken word om die Franklin-natuurreservaat te verkoop of verhuur vir die ontwikkeling van ’n pretpark. Volgens die petisie is die munisipaliteit, in ooreenstemming met nasionale wetgewing, verplig om die gebied uitsluitlik vir bewaring te bestuur. Die metro

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 26, 2025


Die Metro wil glo Naval Hill óók verkoop
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik van hul voorneme om 14 bates te verkoop of te verhuur. Een van hierdie is Naval Hill in die middel van die stad, wat die Franklin-natuurreservaat huisves. Die reservaat is volgens Bloemnuus een van net drie reservate oor die wêreld heen wat binne ‘n stad geleë is. Stigter van die Vriende van Franklin, Andri Grobbelaar, sê hulle sien net in die media van hierdie voorneme en daar was nog geen gesprekke met hulle n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025
bottom of page

