Friends of Franklin vat hul besware na die ombudsman
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 28, 2025
- 1 min read
Friends of Franklin het formeel ‘n 5-bladsy klagtebrief aan die nuut aangestelde tussentydse Ombudsman van die Manguang Metro Munisipaliteit gestuur.
Dit nadat geen terugvoer van die stadsbestuur se kantoor in die afgelope twee weke ontvang is nie.
Luidens die eerste bladsy van die dokument is die verklaring om formeel beswaar te maak teen die geadverteerde voorneme om Naval Hill en die Franklin-natuurreservaat te verkoop of te verhuur vir die ontwikkeling van 'n pretpark.
Die dokument bevat ook baie onlangse akademiese publikasies wat spesifiek fokus op die belangrikheid van groen ruimtes in Bloemfontein.
Rosestad-nuus het vroeër berig die hoofbestuurder van die metro se regsdienste, Adv. Charlie Naidoo, is voorlopige aangestel terwyl die proses om 'n ombudsman aan te stel, voortgesit word.







Comments