top of page



DAKAR: Sesde titel vir Nasser Al-Attiyah
Die Dacia Sandriders se Nasser Al-Attiyah is Saterdag vir die sesde keer in sy loopbaan as wenner van die uitmergelende Dakar-veldtydren aangewys. Hoewel hy slegs 36ste in die laaste skof geëindig het, het hy vroeër genoeg voorsprong opgebou om die tydren met bykans tien minute se algehele voorsprong te beklink, met Ford Racing se Nani Roma tweede en Mattias Ekstrom derde. Suid-Afrika se Henk Lategan moes met ’n 21ste plek tevrede wees ondanks ’n sterk derde plek in die laast

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 19


DAKAR: Lategan se droom kry knou
Dit was ’n hartseer dag vir Henk Lategan en sy navigator Brent Cummings toe hulle in die sewende skof van die Dakar-tydren laat teruggesak het, nadat hulle op koers was vir ’n tweede skofoorwinning en die algehele voortou. Mattias Ekström het die skof gewen, wat nou algeheel tweede is, terwyl Nasser Al Attiyah die nuwe algehele voorloper is en Lategan voorlopig vierde lê. In die motorfietsafdeling het Luciano Benavides die skof gewen ná ’n sterk rit vanaf sesde op die wegspri

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 12


DAKAR: Toyota se Henk Lategan bly boaan die voorloperslys
Toyota se Henk Lategan het sy algehele voorsprong by die Dakar-tydren behou ná ’n moeilike Skof 5 gister in Saoedi-Arabië. Die Amerikaner Mitch Guthrie Junior het die skof gewen en ’n indrukwekkende een-twee-drie-eindstryd vir Ford aangevoer. Lategan het 17de geëindig op die 371-kilometer-skof, maar lei steeds Katar se Nasser Al-Attiyah met net meer as drie minute. Swede se Mattias Ekström bly derde algeheel. In die motorfietsklas het Argentinië se Luciano Benavides die skof

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 9
bottom of page

