top of page



FORMULE 1: Norris vier historiese titel
Lando Norris het die Formule Een-wennerstrofee by ‘n gala in Tasjkent opgelig nadat hy die wêreldtitel in Abu Dhabi beklink het. Max Verstappen was weens siekte afwesig, en het in ‘n opgeneemde boodskap om verskoning gevra vir sy afwesigheid terwyl hy McLaren en Norris geprys het vir ‘n uitstekende seisoen. Rosestad-sport het vroeër berig die 26-jarige Brit het Verstappen met twee punte oor ‘n seisoen van 24 wedrenne geklop, wat Norris die 35ste F1-wêreldkampioen en die elfd

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 15, 2025


FORMULE 1: Norris verower wêreldtitel in Formula 1
Lando Norris het die wêreldtitel in Formula 1 verower. Hy het in die seisoen-afsluiter in Abu Dhabi derde geëindig, wat genoeg was om Max Verstappen met net twee punte te wen. Dié oorwinning maak hom die eerste wêreldkampioen van McLaren Racing sedert Lewis Hamilton in 2008. Volgens Netwerk24 is hy die 35ste kampioen in die 75-jarige geskiedenis van Formule 1. Lando Norris. FOTO: Autosport

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 8, 2025


FORMULE 1: Norris se titelstryd steek spanstrategie aan die brand
Die laaste F1-wedren van die seisoen word Sondag in Abu Dhabi beslis, met drie renjaers wat steeds ’n kans het om die uiteindelike louere te wen. Lando Norris het ’n nuttige voorsprong van 12 en 16 punte op Max Verstappen en Oscar Piastri. Spekulasie doen die rondte dat Norris moontlik voorkeurbehandeling by McLaren kan kry, iets wat George Russell as onregverdig bestempel en sê hy sal nie ’n titel wil wen omdat ’n spanmaat moes padgee nie. Norris, wat al by vorige wedrenne u

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025
bottom of page

