top of page



Gelyke toegang tot gesondheidsorg bly prioriteit
President Cyril Ramaphosa sê die regering bly vasbeslote om te verseker dat elke Suid-Afrikaner gelyke toegang tot gehalte-gesondheidsorg het, ongeag hul vermoë om te betaal. Hy sê dit is ’n verbintenis waarvan die regering nie bereid is om weg te beweeg nie. Ramaphosa het dié opmerkings gemaak toe hy vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord het. Volgens hom is die veranderinge wat deur die Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, teweeggebring word kompleks en verreiken

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 hours ago


NGV: Voorbereidings gaan voort
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê voorbereidings vir die Nasionale Gesondheidsversekering gaan voort ondanks ’n hofskikking wat die implementering daarvan tydelik opskort. Motsoaledi het die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid ingelig dat daar tans minstens 14 hofsake is wat die plan betwis. Die sake is voorlopig gestaak terwyl die Konstitusionele Hof oorweeg of die parlement voldoende openbare deelname oorweeg het voordat die wetsontwerp in 2023 aa

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 6


Die regering gaan voort met verbeterings aan die NGV-stelsel
Die Presidensie sê die Departement van Gesondheid sal voortgaan met werk om die land se gesondheidsorgstelsel te versterk, ten spyte van ‘n pouse in die implementering van dele van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet (NGV). Dit kom nadat President Cyril Ramaphosa ingestem het om sekere dele van die NGV nie te proklameer nie, totdat die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor uitdagings teen die publiek se deelnameproses. Die saak sal in Mei aangehoor word. Die presidensi

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 24


AfriForum dagvaar Ramaphosa oor die NGV
AfriForum het president Cyril Ramaphosa en die minster van gesondheid, Aaron Motsoaledi, gedagvaar as deel van die organisasie se regsaksie om die grondwetlikheid van die omstrede Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te betwis. Maroela Media berig hoewel ander instellings reeds regstappe teen dié wet ingestel het, is dié aksieproses die eerste van sy soort teen die wet. AfriForum se dagvaarding voer ’n omvattende aanslag teen die NGV-wet en wys op die ongrondwetlikhe

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 19
bottom of page

