top of page

Gelyke toegang tot gesondheidsorg bly prioriteit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die regering bly vasbeslote om te verseker dat elke Suid-Afrikaner gelyke toegang tot gehalte-gesondheidsorg het, ongeag hul vermoë om te betaal.


Hy sê dit is ’n verbintenis waarvan die regering nie bereid is om weg te beweeg nie.


Ramaphosa het dié opmerkings gemaak toe hy vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord het.


Volgens hom is die veranderinge wat deur die Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, teweeggebring word kompleks en verreikend.


Hy voeg by die stelsel sal daarom gefaseerd geïmplementeer moet word.


Ter illstrasie. FOTO: Unsplash
Ter illstrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page