AfriForum dagvaar Ramaphosa oor die NGV
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 19
- 1 min read
AfriForum het president Cyril Ramaphosa en die minster van gesondheid, Aaron Motsoaledi, gedagvaar as deel van die organisasie se regsaksie om die grondwetlikheid van die omstrede Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te betwis.
Maroela Media berig hoewel ander instellings reeds regstappe teen dié wet ingestel het, is dié aksieproses die eerste van sy soort teen die wet. AfriForum se dagvaarding voer ’n omvattende aanslag teen die NGV-wet en wys op die ongrondwetlikheid van verskeie bepalings daarin.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder AfriForum se regsverteenwoordiger in die saak, Wian Spies, sê AfriForum se regsaksie berus daarop dat die NGV-wet in stryd met die Grondwet is en daarom ongeldig verklaar en terug na die parlement verwys moet word.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Enkele punte van ongrondwetlikheid waarteen AfriForum beswaar maak, sluit in: die verwatering van provinsiale regerings se grondwetlike magte, die inperking van pasiënte se vryheid van keuse, die inperking van die kliniese onafhanklikheid van gesondheidspraktisyns, en die gebrek aan rasionaliteit van die NGV-raamwerk weens die ekonomiese onwerkbaarheid daarvan. Die proses bied onder meer die geleentheid om deskundige getuienis in die hof te lewer indien daar dispute oor die feite voorkom.







Comments