top of page



Die geloofwaardigheid van die metro se ombudsman moet beskerm word
In ‘n omvattende stel vra word die Manguang Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, gevra hoe hy van voorneme is om die nuut-aangekondigde kantoor van die ombudsman te beskerm. Dit sluit in die onafhanklikheid, sekuriteit en geloofwaardigheid van dié kantoor. DA-raadslid Dirk Kotze sê in ‘n mediaverklaring die party verwelkom die stigting van die kantoor. Die vrae kom terwyl die ombudsman se kantoor reeds begin het met hul eerste ronde betrokkenheidswerkswinke

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman te gebruik
Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman se betrokkenheidswerkswinkels te gebruik om hul diensleweringsbekommernisse uit te spreek, en te help om 'n meer responsiewe en mensgesentreerde munisipaliteit te bou. Hierdie werkswinkels is luidens ‘n plasing op sosiale media na die aanstelling en aankondiging van die Mangaung Metro Munisipaliteit se ombudsman, Charlie Naidoo, begin. Die eerste werkswinkel is Dinsdag by die Indaba-ouditorium in die Bram Fischer-gebou gehou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Die Metro kry uiteindelik 'n ombudsman
Amper sewe jaar nadat 'n raadsbesluit deur die Mangaung Metro gemaak is, is 'n onafhanklike kantoor van die Mangaung-ombudsman aan die media bekend gemaak. Bloemnuus berig die speaker van die Metro, Lawrence Mathae, sê die kantoor moet gratis en toeganklik vir alle inwoners wees, en 'n laaste uitweg voordat inwoners openbare vervolging nader. Hy voeg by dit sal bydra tot deursigtigheid in munisipale prosesse, en dit is 'n stap in die regte rigting vir 'n meer verantwoordbare

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025
bottom of page

