top of page



Glen-kinders: 'n Verdagte wag steeds vir psigiatriese waarneming
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Joy Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, bly langer in aanhouding terwyl hy wag vir ’n plek in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks. Netwerk24 berig Kholisiwe Jonas moet psigiatriese waarneming van 30 dae ondergaan. Hy is tans in die Grootvlei-gevangenis. Hy kan nie verhoor word voordat hierdie waarneming nie voltooi is nie. Daar is vroeër berig dat Katleho se liggaam op 26 Oktober in ’n bos

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Glen-kinders: 'n Swanger vrou verskyn vir moord
'n Vrou wat vyf maande swanger is, het in die hof verskyn op aanklag van die moord op en die ontvoering van haar kleinneef, die vyfjarige Onkarabetse Leeuw. Dit kom nadat Vuyiswa Joyce Leeuw se dogtertjie, die driejarige Katleho Joy Leeuw, twee weke gelede wreed vermoor is. Netwerk24 berig Vuyiswa het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die saak is tot 20 November uitgestel, en sy bly intussen in aanhouding. Buite die hof het sy aan 'n joernalis gesê

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 14, 2025


Glen-kinders: Klein Onkarabetse se liggaam is gevind
Die lewelose liggaam van die vyfjarige Onkarabetse Leeu is gevind. Rosestad-nuus het vroeër berig die seuntjie is Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld. Volgens 'n polisieverklaring van luitenant-kolonel Thabo Covane is hy Woensdag onder 'n kartondoos in digte bosse by die suidelike wyke van die Glen-lokasie gekry. 'n Saak van moord en ontvoering is by die Glen-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het ook Onkarabetse se 29-jarige tannie in hegtenis geneem, en sy sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025
bottom of page

