top of page

Glen-kinders: 'n Verdagte wag steeds vir psigiatriese waarneming

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 5, 2025
  • 1 min read

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Joy Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, bly langer in aanhouding terwyl hy wag vir ’n plek in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks.


Netwerk24 berig Kholisiwe Jonas moet psigiatriese waarneming van 30 dae ondergaan. Hy is tans in die Grootvlei-gevangenis. Hy kan nie verhoor word voordat hierdie waarneming nie voltooi is nie.


Daar is vroeër berig dat Katleho se liggaam op 26 Oktober in ’n bos naby haar huis in Glen gevind is en dat ’n bytmerk op haar lyf met Jonas verbind word.


Kort nadat hy in hegtenis geneem is, is sy eie seun, Onkarabetse Leeuw, ook in Glen vermoor. Katleho se ma, Vuyiswa Joyce Leeuw, staan tereg op aanklag van Onkarabetse se moord.


Katleho Joy Leeuw. FOTO: Verskaf
Katleho Joy Leeuw. FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page