top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Glen-kinders: Klein Onkarabetse se liggaam is gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025
1 min read

Die lewelose liggaam van die vyfjarige Onkarabetse Leeu is gevind.


Rosestad-nuus het vroeër berig die seuntjie is Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld.


Volgens 'n polisieverklaring van luitenant-kolonel Thabo Covane is hy Woensdag onder 'n kartondoos in digte bosse by die suidelike wyke van die Glen-lokasie gekry.


'n Saak van moord en ontvoering is by die Glen-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het ook Onkarabetse se 29-jarige tannie in hegtenis geneem, en sy sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


Onkarabetse Leeuw. FOTO: Verskaf
Onkarabetse Leeuw. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page