top of page

Glen-kinders: Klein Onkarabetse se liggaam is gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 13
  • 1 min read

Die lewelose liggaam van die vyfjarige Onkarabetse Leeu is gevind.


Rosestad-nuus het vroeër berig die seuntjie is Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld.


Volgens 'n polisieverklaring van luitenant-kolonel Thabo Covane is hy Woensdag onder 'n kartondoos in digte bosse by die suidelike wyke van die Glen-lokasie gekry.


'n Saak van moord en ontvoering is by die Glen-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het ook Onkarabetse se 29-jarige tannie in hegtenis geneem, en sy sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


Onkarabetse Leeuw. FOTO: Verskaf
Onkarabetse Leeuw. FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page