Glen-kinders: 'n Swanger vrou verskyn vir moord
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 14, 2025
- 1 min read
'n Vrou wat vyf maande swanger is, het in die hof verskyn op aanklag van die moord op en die ontvoering van haar kleinneef, die vyfjarige Onkarabetse Leeuw. Dit kom nadat Vuyiswa Joyce Leeuw se dogtertjie, die driejarige Katleho Joy Leeuw, twee weke gelede wreed vermoor is.
Netwerk24 berig Vuyiswa het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Die saak is tot 20 November uitgestel, en sy bly intussen in aanhouding.
Buite die hof het sy aan 'n joernalis gesê sy sal nooit haar dogtertjie se moordenaar kan vergewe nie.
Daar word vermoed dat Onkarabetse uit weerwraak vermoor is nadat Kholisiwe Jonas, sy pa, na bewering vir Katleho verkrag en vermoor het. Jonas het reeds in die hof verskyn en word tans vir 30 dae by die Vrystaatse psigiatriese kompleks geëvalueer.
Inwoners van Glen sê die gebeure het die gemeenskap in vrees en ongeloof gedompel, en geen kind is meer in sig nie.





Comments