top of page



Iran onttrek hom aan SA se gesamentlike vlootoefening
Iran het sy oorlogskepe onttrek aan ‘n gesamentlike vlootoefening met Suid-Afrika, China en Rusland, te midde van toenemende politieke spanning. Drie Iranse skepe, wat reeds in Valsbaai is, sal nie meer deelneem aan die Will for Peace-oefeninge nie, wat ontwerp is om maritieme samewerking in Suid-Afrikaanse waters te bevorder. Die besluit volg op diplomatieke kommer oor streekskonflikte en druk om verdere spanning in die verhoudings met Westerse nasies te vermy. Die onttrekki

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 13


SA verdedig vlootoefeninge
Suid-Afrika se vlootoefening saam met Iran, Rusland en China het begin en word beskryf as nie net bloot ‘n magsvertoning nie maar ‘n noodsaaklike reaksie op stygende maritieme spanning. Die weeklange oefeninge kom net dae nadat die Verenigde State van Amerika op ‘n Russiese-vlag-olietenkskip in die Noord-Atlantiese Oseaan beslag gelê het. Volgens die VSA was dit in stryd met Westerse sanksies en het dit ru-olie wat oppad was na Venezuela, Rusland en Iran vervoer. Suid-Afrika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 11


Buitelandse oorlogskepe arriveer in Suid-Afrika
Chinese en Iranse oorlogskepe het naby Suid-Afrika se hoofvlootbasis in Simonstad vasgemeer. Die skepe is hier vir gesamentlike vlootoefeninge wat van 9 tot 16 Januarie plaasvind. Die oefeninge, bekend as Will for Peace, sal na verwagting ook Russiese skepe insluit. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die fokus is op skeepsveiligheid en maritieme ekonomiese sekuriteit. Die oefeninge kan verdere spanning veroorsaak met die VSA, wat Suid-Afrika se bande met Brics-vennote k

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 9


Die DA herhaal sy kommer oor beplande militêre oefening
Die DA het sy kommer oor ‘n militêre oefening saam met China, Rusland en Iran in Suid-Afrikaanse waters herhaal. Die DA se woordvoerder oor verdediging, Chris Hattingh, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se aankondiging van die oefening onder die naam Will for Peace 2026 bevestig die kommer rondom die uitgestelde Mosi drie vlootmaneuvers. Hy sê die China-geleide oefening, met Rusland en Iran se deelname in Suid-Afrikaanse waters, ondermyn Suid-Afrika se beweerde nie-bel

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 2


Die Russe toets ‘n onderwater-kernwapen
Rusland het nou ook ʼn kernkrag-aangedrewe onderwaterhommeltuig suksesvol getoets. Maroela Media berig dit is ondanks waarskuwings van Washington, die tweede toets van ‘n nuwe kernwapenstelsel. Volgens Rusland se president, Wladimir Poeten, was daar ook ‘n toets vir ‘n ander voornemende stelsel uitgevoer. Dié onbemande onderwatertoestel, Poseidon, is ook met ‘n kernkrageenheid toegerus. Poetin sê die toestel kan teen ʼn hoër spoed as konvensionele duikbote beweeg en enige kont

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30, 2025
bottom of page

